Hotnotsgode en Kruiperkaners

Deel op

skoppensboer

deur Skoppensboer

[followbutton username=’skoppensbo3r’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Skoppensboer begaan nou hier ‘n stuk eklektisisme, want hy leen by die SABC3 wat die reeks “Hotnotsgode” uitgesaai het en by dr. Dan Roodt wat “Kruiperkaners” gemunt het.

Albei tipes behoort egter tot die klas van ongelede diere en tot die orde van die Dictyoptera. ‘n Hotnotsgot behoort tot die familie van die Mantidae en is ‘n aggressiewe soort insek wat sy prooi in sy kloutjies vashou en hom dan lewendig opvreet. ‘n Kruiperkaner is meer familie van die kakkerlak, want hy skarrel gou-gou onder die naaste kas in as hy gewaar word. Kruiperkaners hou nie daarvan dat die lig op hulle skyn nie, daarom verkies hulle om ‘n hotnotsgot na vore te stoot.

Jonathan Jansen slaan vandeesweek 'n hotnotsgotterige houding in
Jonathan Jansen slaan vandeesweek ‘n hotnotsgotterige houding in

Oor die afgelope week of wat het Jonathan Jansen die kalklig gehaal vanweé sy pleidooi dat alle opvoeding in Suid-Afrika in Engels moet plaasvind. Op ‘n foto wat vandeesweek geneem is, slaan Jansen ‘n hotnotsgotterige houding in, met sy kloutjies wat voor die bors gehou word. Sy prooi is enorm: die hele Universiteit van die Vrystaat met ‘n swetterjoel Kruiperkaners en hul voedsel-, finansiële en ander reserwes wat verorber gaan word.

Leon Lemmer onthul vandag dat Jansen se moedertaal Afrikaans is! Skoppensboer het amper van sy tak afgeval en sy entomologiese waardigheid verloor toe hy dié nuus lees. Kan jy nou meer? Maar ‘n Hotnotsgot moet vreet en verteer. Dis in sy aard. Sommige spesies van Hotnotsgode teer nie net op insekte nie, maar vreet sommer kleinerige skerpioene, akkedisse, paddas, voëltjies, slange en selfs knaagdiere.

Blykbaar kan ‘n volwasse hotnotsgot ‘n prooi verorber wat oor tot 64 keer sy eie massa beskik!

Skoppensboer het tydens die apartheidstydvak biologie tot matriek gehad; vandaar dus sy belangstelling in die insektelewe. Vaagweg onthou hy egter ook dat hy ‘n biologietaak oor simbiose moes uitwerk. Volgens die HAT beteken “simbiose” die volgende: “Die saamleef tot mekaar se voordeel van verskillende organismes in die plante- en diereryk.”

Is dit nie ‘n pragtige definisie van die verhouding tussen die Hotnotsgot en die Kruiperkaner nie? Soos Leon Lemmer ook verduidelik, het Hotnotsgode soos Jansen, Russel Botman, Cheryl de la Rey, Danny Titus, Christo van der Rheede – noem maar op – hul hoghe posisies te danke aan ‘n Kruiperkaner iewers wat hulle aangestel het of laat aanstel het. Lemmer noem selfs ‘n paar sulke Kruiperkaners by naam, maar Skoppensboer kan aan nog baie ander dink.

Leon Lemmer verklaar die akademiese verskynsel van die bruin of kleurlingrektor soos volg:

Hierby kom ‘n tweede kenmerk eie aan die nuwe Suid-Afrika, naamlik dat die blanke rektore aan Afrikaanse universiteite plek vir bruin rektore moet maak. Hier geld veral twee oorwegings. Eerstens word gepoog om die indruk te wek dat ‘n bruin rektor ‘n mindere bedreiging as ‘n swarte vir die heil van Afrikaans as onderrigtaal inhou. Tweedens funksioneer die bruin rektor as oorgangsfiguur van die vorige wit rektore na die swart rektore wat noodwendig na die bruine kom. Eers met ‘n swart rektor in die stoel sal die transformasieproses volledig verwesenlik wees. Ras/kleur is die aanjaer (“turbo”) vir transformasie; verandering wat geensins verbetering hoef te wees nie.

Lemmer sien egter nie die simbiotiese verhouding tussen die kakkerlaktipe, die Kruiperkaner, en die Hotnotsgot raak nie, want in die “transformasieproses”, op pad na die raseksklusiewe wêreld van swart oorheersing, verseker die Kruiperkaner vir hom nog ‘n paar jaar se oorlewing. Ons kan sê Kruiperkaners oorleef in die skaduwee van Hotnotsgode. Synde van Afrikaneroorsprong – alvorens hulle tydens hul metamorfose soos Kafka se miskruier in insekte verander het – is Kruiperkaners ook nie skaam om die werk te doen nie. Die Kruiperkaner staar stip na sy pensioen of ‘n paar krummels wat van die tafel af in sy rigting gaan val en sal in die proses prooi vir sy Hotnotsgot aandra.

In sommige gevalle kan die Kruiperkaner ‘n slag slaan uit die kroning van ‘n Hotnotsgot. Leon Lemmer noem dat Johan van Zyl, die voormalige rektor van Tukkies, agterna hoof van Sanlam geword het en vandag waarskynlik ‘n skatryk man is. Soos Koos Bekker van Naarpers, tel hy sy aandeelopsies en skater in sy donker paleis telkens as ‘n Afrikanerkarkas voor hom verby gedra word.

Net so het die Kruiperkaner, regter Faan Hancke, gesorg dat Jansen as rektum, ek bedoel rektor, van Kovsies aangestel word. Agter elke oorheersende Hotnotsgot is daar iewers in die donker ‘n Kruiperkaner. Skoppensboer het ‘n lysie saamgestel:

Terwyl die Kruiperkaner droom van sy pensioen, jag die Hotnotsgot Houtsnee: M.C. Escher
Terwyl die Kruiperkaner droom van sy pensioen, jag die Hotnotsgot Houtsnee: M.C. Escher

Kruiperkaner – Hotnotsgot

Johan van Zyl – Jonathan Jansen by UP

Faan Hancke – Jonathan Jansen by UV

Ampie Coetzee – Jakes Gerwyl by UWK

Koos Bekker – Jakes Gerwel by Naarpers

Johan van Zyl – Hein Willemse by UP

Japie Gouws – Danny Titus by ATKV

Wannie Carstens – Michael le Cordeur by die Afrikaanse Taalraad

Stef Coetzee – Christo van der Rheede by die Afrikaanse Handelsinstituut

André P. Brink/Wannie Carstens – Adam Small wat vanjaar die Hertzogprys vir drama ontvang het

Roux Botha – Iron Rensburg by UJ

Kruiperkaner? – Cheryl de la Rey by UP

Kruiperkaner? – Russel Botman by US

Daar is seker nog talle voorbeelde van dié onderling voordelige verhouding tussen Hotnotsgode en Kruiperkaners. Skoppensboer doen ‘n beroep op lesers om met sulkes vorendag te kom, in die belang van die insektekunde.

[followbutton username=’skoppensbo3r’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.