Motoris skiet kaper dood in Natal

Deel op
'n Kapingstoneel Foto: The Sowetan
‘n Kapingstoneel Foto: The Sowetan

‘n Bantoeman is in Kwazulu-Natal doodgeskiet terwyl hy gepoog het om ‘n kaping op ‘n motoris in Montrose, Pietermaritzburg, uit te voer, sê die polisie.

“Die polisie het ‘n berig ontvang van skietery buite ‘n woning in Nedenweg in Montrose om 10 vm. en ná hul reaksie het hulle die liggaam van ‘n man langs die pad gevind,” sê kolonel Jay Naicker.

Die polisie het op ‘n 9mm-pistool en ‘n magasyn met ‘n aantal rondtes in die omgewing beslag gelê.

“Na bewering het die motoris, 58, huiswaarts gekeer vanuit die dorp en by sy voertuig, ‘n blou Toyota Prius uitgeklim, toe hy deur twee onbekende mans gekonfronteer word.”

Volgens Naicker het een van die mans die motoreienaar se arm gegryp, ‘n vuurwapen uitgepluk en sy voertuig geëis.

Gedurende die daaropvolgende gestoeiery, het die motoreienaar met ‘n vuurwapen vorendag gekom en verskeie skote op die gewapende mans geskiet, met een wat in die bors getref is, sê Naicker.

“Albei verdagtes het van die toneel gevlug, maar ‘n kort rukkie later het die gewapende verdagte sy vuurwapen laat val en op die grond neergesyg.”

Sy medepligtigte het in ‘n wit Nissan-bakkie weggevlug.

Twee selfone en ‘n groot hoeveelheid kontant is aan die Bantoe gevind.

“Die polisie ondersoek ‘n saak van gepoogde kaping en ‘n nadoodse ondersoek betreffende die verdagte,” sê Naicker – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.