Bekende opposisiefiguur in Zimbabwe gearresteer

Deel op
Die leier van die wegbreekfaksie van die MDC, Arthur Mutambara, is tot dusver die mees senior politikus wat deur die Zimbabwiese owerheid in hegtenis geneem is.
Deel op

Mutambara is oor die naweek aangehou omdat hy 'n geskrewe aanval op president Robert Mugabe gedoen het.

Volgens Mutambara se regsverteenwoordiger, Harrison Nkomo, is hy gearresteer weens die publikasie van leuens en vir minagting van die hof weens 'n artikel wat hy in April geskryf het.

Die redakteur van die land se enigste onafhanklike Sondagkoerant, die Standard, is verlede maand in hegtenis geneem oor die stuk wat deur Mutambara geskryf is waarin hy Mugabe daarvan beskuldig dat hy die Zimbabwiese ekonomie geruïneer het en dat sy veiligheidsmagte vergrype gepleeg het.

tiaras for saleпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.