Polisie span waterkanon teen klipgooiers in

Deel op

waterkanonDie polisie het ‘n waterkanon ingespan om betogers uiteen te jaag in KwaMashu in die vroeë oggendure van Vrydagoggend, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê .

Woordvoerder kolonel Jay Naicker het gesê betogers het begin om ‘n deurpad, Dumisani Makhaye-rylaan, te versper, teen omstreeks 02:00 .

“Die polisie is met klippe bestook en versterkings is ingeroep. Hierdie boewe is verjaag met behulp van ‘n waterkanon,” het hy gesê.

Dit is nie duidelik waaroor die protes was nie, maar aanduidings is dat dit oor dienslewering nalv ‘n gebrek aan behuising gehandel het.

Hy het gesê voortgesette protes tap op die polisie se hulpbronne en verplaas waardevolle hulpbronne wat aangewend word om misdaad te beveg na skarebeheer.

“Wetsgehoorsame belastingbetalers uit verskeie gemeenskappe in die provinsie is ook ontstoke omdat dié misdadigers paaie na hul woonbuurte versper, eiendom beskadig en [ belastingbetalers ] versoek die polisie om beslis teen hierdie gewelddadige misdadigers op te tree,” het hy gesê.

Durban het die afgelope week in die Isipingo en Cato Crest-gebiede oproer beleef oor ‘n gebrek aan behuising. Maandag is ‘n 17-jarige meisie doodgeskiet deur twee polisiebeamptes na hul voertuig deur die betogers omsingel is, en hulle lewendige ammunisie moes gebruik om te ontsnap. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.