Maak seker jou motor sluit om diewe te fnuik

Deel op

motordiefstalAl hoe meer motoriste word deur misdadigers geteiken wat die afstandsbeheer van hul ryding se sluitstelsel blokkeer.

Motoriste moet hul motor se deure liefs nagaan nadat hulle dit met die afstandsbeheer gesluit het, sê kapt. André Beetge van die polisie in Port Elizabeth, waar dié misdaad toeneem.

As die afstandsbeheer geblokkeer is, sluit die deure nie en kan inhoud uit die motor of die motor self gesteel word.

“Maak veral seker as jy nie die klikgeluid hoor of die die ligte sien flikker soos gewoonlik wanneer ’n motor met ’n afstandsbeheer gesluit word nie.”

Hy het huiseienaars ook gemaan om seker te maak dat die hek of motorhuisdeur toe is voordat hulle wegry. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.