Onbekende Australi?r loop voor in Gedenktoernooi

Deel op

Image

Matthew Goggin

'n Onbekende Australiese gholfspeler, Matthew Goggin, loop tans voor in die Jack Nicklaus-gedenktoernooi wat gister begin het. Hy het die voortou in die eerste rondte geneem met 'n telling van 65, oftewel sewe onder die baansyfer.

Deel op

Daar is vier Suid-Afrikaanse spelers in die toernooi, waaronder die Afrikanersterre Ernie Els en Trevor Immelman. Immelman is sewe houe agter die voorloper op 72 en Els net agter hom op 73.

Ander spelers wat goed vertoon, is die Amerikaanse veterane Kenny Perry en Jerry Kelly wat gesamentlik tweede lê op 66 houe.

Мордвиновлобановский александр

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.