
‘n Swart vrou het Donderdagaand glo probeer om met ‘n motor deur ‘n hek by die Withuis te jaag, het die Amerikaanse TV-netwerk ABC gisteraand berig.
Dit was ‘n geïsoleerde voorval en blyk nie ‘n terroriste-aanval te wees nie, het ‘n polisiehoof wat die media in Washington te woord gestaan het ná ‘n voorval vroeër die dag naby die Withuis gesê.
‘n Vrouebestuurder het glo met ‘n eenjarige swart kind in ‘n motor gepoog om ‘n versperring naby die Tesourie binne te dring. Dié versperrings is deel van die afgesperde gedeelte om die Withuis.
Die motor het toe na Capitol Hill gejaag. ‘n Skietvoorval het na die jaagtog gevolg.
Die verdagte is doodgeskiet, het SkyNews berig. daar word bespiegel dat sy van Somaliese afkoms kan wees
‘n Geheime agent asook ‘n veiligheidsbeampte is in die voorval beseer en in die hospitaal opgeneem.