Jeugliga agter Ramaphosa vir president

Deel op
Ramaphosa
Ramaphosa

Die ANC-jeugliga het sy steun aan Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, toegesê om Suid-Afrika se volgende president te word.

“Dit is die regte ding om te doen. Dit is die enigste manier waarop die ANC sy interne demokratiese prosesse kan uitbou,” het Mzwandile Masina, sameroeper van die liga se nasionale taakspan (NTT), aan die Sowetan gesê.

Ramaphosa is in Desember by die regerende party se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung tot adjunkpresident verkies en het oorgeneem by Kgalema Motlanthe, wat steeds die adjunkpresident van die land is.

Die jeugliga wil sien dat Ramaphosa ná volgende jaar se algemene verkiesing die leisels by Motlanthe oorneem. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.