Inspekteurs gaan op sjebiens toeslaan

Deel op

sjebeenDie Gautengse Drankraad sê korrupsie met die uitreiking van dranklisensies is een van die faktore wat die bedryf die ergste kniehalter.

Die Raad het by die bekendstelling van ‘n bewusmakingsveldtog in Boksburg aan die Oos-Rand gesê handelaars met vervalste lisensies en informele persele sal vasgevat word.

Wetstoepassers het hulle steun aan die Raad se veldtog toegesê en beplan om in die aanloop tot die kerstyd toe te slaan op onwettige permitte, drinkplekke en handelaars.

Daar sal ook gefokus word op handelsure, en die verkoop van drank aan kinders. Amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het drankhandelaars ook ingelig oor belastingvereistes. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.