DA verbaas oor vyandigheid by Fort Hare

Deel op

forthareDie DA-leier Helen Zille het die ANC Jeugliga en die studenteorganisasie Sasco van intimidasie beskuldig ná haar toespraak by die Fort Hare Universiteit deur uitjouery en ‘n kragonderbreking onderbreek is.

Dit is nie duidelik wat die kragonderbreking veroorsaak het nie.

Zille is deur die DA Studenteorganisasie genooi om in die aanloop tot die studenteraadsverkiesing by die Universiteit te praat.

Sy het na afloop van die onderbreking aan die SAUK gekla dat die stryd om demokrasie in die land gedaal het tot “onverdraagsaamheid en ondemokratiese gedrag”. Die DA het egter self in Midvaal asook Kaapstad alle Afrikanersimbole laat verwyder om hul eie onverdraagsaamheid teenoor Afrikaners te laat botvier.

Die party het twee maande gelede ‘n Xhosa-koning oorreed om aan te sluit in die hoop om in die Oos-Kaap stemme te trek. Dié openlike vyandigheid van die studente moes vir Zille ‘n verrassing gewees het aangesien sy spog dat sy en ander Litouers vir die ANC se bewindsoorname verantwoordelik is.

Die president van Sasco by Fort Hare, Mawande Njeza het ontken dat hulle vir die kragonderbreking verantwoordelik was. Hy sê Sasco kry die skuld vir alles wat verkeerd gaan op die kampus.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.