Zuma betrek by Gupta-landing

Deel op

guptalandPres. Jacob Zuma is direk by die landing van ‘n Gupta-passasiersvliegtuig uit Indië op ‘n militêre lughawe betrek na ‘n eedsverklaring van een van die aangeklaagdes.

’n Sleutelgetuie in die weermag se ondersoek na die landing van die Gupta-familie se straler uit Indië beweer Zuma en Bruce Koloane, voormalige hoof van staatsprotokol, het ’n ontmoeting gehad oor die koms van die bruilofgaste.

Tydens die ontmoeting het Zuma gevra of “alles op koers is vir die vlug” wat by Waterkloof sou land.

Beeld het onthul dat lt.kol. Christine Anderson, tweede in bevel by die Waterkloof-lugmagbasis se verplasingsentrale, Zuma betrek in haar eedsverklaring.

Anderson is een van vyf lugmaglede wat moontlik weens die voorval vervolg gaan word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.