Tom Clancy oorlede

Tom Clancy
Tom Clancy

Tom Clancy het die 9/11-aanval op die Twin Towers in New York lank voordat dit gebeur het, akkuraat voorspel. Clancy, ‘n ware genre-spesialis, het die fynste besonderhede van allerlei militêre toerusting sowel as strategie, ten seerste begryp.

Dié profetiese en outentieke skrywer van ondermeer The hunt for Red October, is Woensdag op die ouderdom van 66 oorlede.

Clancy se hoofkarakter, Jack Ryan, is die CIA-agent wat opeindig as President van die Verenigde State van Amerika in ‘n reeks blitsverkoperromans.

Die skrywer was omtrent so ver verwyder van James Bond as die held van ‘n aksieriller kan wees. Maar daar is ‘n treffende parallel tussen die loopbane van Clancy en Ian Fleming.

Net soos die beskeie Fleming literêre supersterstatus bereik het deur President John F. Kennedy se belangstelling in hom, is Clancy se loopbaan twee dekades later aangehelp deur die entoesiasme van die presidentskandidaat Ronald Reagan.

Reagan het Clancy se debuutroman Die jag vir Rooi Oktober (1984) as “my soort storie” en ‘n “moet-lees” beskryf. Clancy se verkope het daarna in die stratosfeer ingeskiet en daar gebly.

Sy 1989-boek, Clear and Present Danger het Amerika se topverkoper-roman van die 1980’s geword.

Dit blyk gepas te wees dat Reagan meegewerk het aan Clancy se sukses. Om mee te begin, het die filmster president gehelp om die loopbaan van ‘n fiktiewe president te loods.

Maar Reagan het van die Clancy-wêreldbeskouing gehou, waarin Ryan ‘n goedgunstige Amerika uitbeeld, wat die res van die wêreld se probleme oplos, ook sluipmoorde (van pous Johannes Paulus II in Red Rabbit of die Prins en Prinses van Wallis in Patriot Games).

En moenie ‘n Chinese inval van Taiwan (in verlede jaar se Threat Vector) vergeet nie. Jack Ryan sou nie te lank talm met die onderhandelingsproses in Iran of Sirië nie.

Soos baie skrywers van polities-militêre rillers, het Clancy ‘n aantal suksesvolle voorspellings gemaak deur sy geopolitieke belangstellings.

Hy het die aanval deur Arabiese terroriste op die Verenigde State van Amerika in sy 1991-roman The Sum of All Fears korrek voorspel. Die antagoniste in die gelyknamige film van 2002 is verander na neo-Nazi’s om lastige politieke stroomversnellings te vermy.

In sy 1994-roman Debt of Honour, het hy voorspel dat verskeie senior politici deur ‘n terroriste-aanval gedood sou word in die Capitol as ‘n straler die gebou tref.

Deel van wat Clancy se romans hul sin van egtheid gee, was nie alleen net sy vermoë om sy oor op die grond te hou oor wie Amerika haat en hoekom nie, maar ook sy grondige kennis.

Sy romans beskik oor ‘n ander soort egtheid as le Carré se inkleding van intrige, agv Clancy se vermoë om die leser te beïndruk met die diepte en die akkuraatheid van sy navorsing.

Miljoene lesers regoor die wêreld het verslaaf geraak aan sy romans, selfs diegene wat steeds nie van die idee van Amerika as die wêreld se polisieman hou nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.