Gyselaardrama eindig

Deel op

tronk2‘n Beampte wat as gyselaar by die Mangaung-maksimumsekuriteitsgevangenis buite Bloemfontein aangehou is, is gered.

NUUT!

Op die vraag of enige ander persone beseer is tydens die reddingsoperasie of wat die operasie behels het, het Kirsten van der Nest , woordvoerder van G4S Africa, die maatskappy wat die private tronk bedryf, gesê geen verdere inligting sal bekend gemaak word nie.

Die vrou is ongedeerd nadat sy deur vier gevaarlike gevangenes aangehou is.

Dit is die tweede keer wat Abigail Wessen, ’n administratiewe assistent, in dieselfde gevangenis aangehou word, het ​Volksblad berig.

Wessen is as ’n toesighoudende offisier in een van die eenhede ingespan na stakings voorgekom het. Dit is glo hier waar sy Woensdagoggend oorval is en aangehou is. Sy is ongetroud en het geen kinders nie.

Meer as 300 lede van die polisievakbond, Popcru, is onlangs by die tronk afgedank nadat hulle aan ‘n onwettige staking deelgeneem het. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.