Swart, swarter, krieket

Deel op
Swart, swarter, krieket
Swart, swarter, krieket

Suid-Afrikaanse krieketamptenare gaan ‘n voorstel oorweeg om professionele krieketspanne te dwing om minstens twee swart spelers in elke span in te sluit.

Hoewel die ses top spanne in onlangse seisoene ‘n aantal bruin- en Indiërspelers gekies het, is daar ‘n tekort aan swart krieketspelers.

Die nasionale sameroeper van die keurders, Andrew Hudson het die tekort aan swart krieketsterre uitgewys ná kritiek oor die tekort aan swart spelers in die nasionale span.

Krieket Suid-Afrika het nog nie amptelik kommentaar gelewer oor die voorstel nie, maar amptenare het bevestig dat die kwessie by ‘n vergadering op 11 Oktober bespreek gaan word. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.