Johann Theron: Straatkultuur

Deel op

Kultuur word dikwels gebruik om beskawings se geletterdheid, standaarde en tradisies te meet. Mettertyd het sub-kulture na vore gekom soos rugbykultuur en karkultuur en net so het daar ‘n straatkultuur onstaan.

Straatkultuur word gesien in voetgangers, straatkunstenaars en advertensies, maar ook straatwinkeltjies, koerantverkopers, karwagte, straatveërs en sekswerkers. Die regulering van menslike interaksie op straat is basies voorskriftelik in terme van padreëls met verdere verfyning deur individue se basiese kulturele kenmerke, maar die straat veroorsaak ‘n bykomende dinamiek wat nie gereguleer of noodwendig voorspel kan word nie.

Om die waarheid te sê voorspel hierdie dinamiek eintlik die gevolglike kultuur.

Indien die straatdinamiek positief is, dan is die argument dat dit maar net ‘n uitvloeisel is van basiese kulturele veranderinge en aanpassings. Maar indien dit negatief is verander die prentjie redelik drasties. Neem bv graffiti as ‘n straatkuns, waar meeste kommentators kan getuig van “mooi” dekoratiewe voorbeelde waar lelike geboue byvoorbeeld ‘n vernuwende beeld gegee word of, graffiti versinnebeeld ‘n aktivisme teen byvoorbeeld die politiek/politici van die dag of sommer net vandalisme.

Hierdie “negatiewe” dinamiek word vertolk as kontrakultuur (counter-culture) en word akademies gesien as ‘n subkultuur wat homself afspeel rondom die straat. Daarom kan mens die groter prentjie sien as “straatkultuur” waar mense sal saamtrek op die strate in reaksie teen iets – byvoorbeeld die “Occupy Wall Street” beweging teen Amerikaanse finansiële organisasies.

In ‘n onlangse MA-verhandeling in politieke wetenskap by die Universiteit Stellenbosch het Serge Ntamack die “straat”-rebellie in Kameroen van 2008 opgesom soos volg: “Dus die gebruik van private geweld gedurende die onluste in Februarie 2008, wat nie as ‘n geïsoleerde (re)aksie van woedende jongmense gesien kan word nie, is getrou aan die wese van hulle bestaan en die politieke onrus wat dit moontlik mag veroorsaak, is bykomstig tot die leefstyl waarin dit vasgelê is.”

Die jeug in Kameroen het na ongeveer 50 jaar van post-koloniale, neo-patriargale landsbestuur die punt bereik waar hulle taalgebruik ‘n kontrakultuur versinnebeeld en waar sodanige kontrakultuur na geweldadige politieke onrus gelei het in 2008. Een voorbeeld is die uitdrukking “die pour rien” wat ‘n onnatuurlike dood beteken. In meer detail: “Therefore ‘die pour rien’ is the unnatural death of someone who has been ‘eaten’ or betrayed by his relatives (the members of his kinship or a close friends).”

Hierdie uitdrukking vergelyk goed met Suid Afrikaanse uitsprake rakende “dis nou ons beurt om te eet” wat ‘n aanduiding is dat die elite maar kan eet maar dat hulle nou genoeg gehad het en opsy moet skuif. Hulle word hiermee hulle eintlik verkla in ‘n soort kannibalistiese metafoor “someone has ‘eaten’ the life, the health, the crops, and the wealth of his neighbor”.

Hierdie kontrakultuur in Kameroen is tekenend van hulle onvermoë om te presteer en al was swak bestuur die oorsaak, word die “swak” toekoms nou voorspel en verseker deur die kontrakultuur. Higgs (2007) stel dit dat leierskap 80% invloed het op kultuur en dat kultuur 60% invloed het op prestasie. Kontrakultuur verseker dus SA se swakkerwordende prestasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.