Jansen: Argument oor taal is verdraai vir mediabohaai

Deel op
Jansen ontken wat hy gesê het
Jansen ontken mediaberigte oor aanval op Afrikaners

Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, sê sy argument oor taal in onderwys is verdraai om ‘n mediabohaai te skep, sê

“Dit verbaas my steeds hoe ‘n versigtige argument oor taalinklusiwiteit ernstig verdraai kan word vir die maksimum mediabohaai,”  twiet Jansen op Twitter in reaksie op ‘n berig oor ‘n lesing wat hy in September gelewer het.

​Beeld het Woensdag berig Jansen het gesê blanke skole en universiteite wat eksklusief Afrikaans is, hou ’n ernstige gevaar in vir rasverhoudinge in Suid-Afrika.

Jansen se uitlatings is gemaak terwyl hy die English Academy of South Africa se Percy Baneshik-gedenklesing op 18 September gelewer het.

Volgens hom beteken dit “Engels, eerder as Afrikaans, sal die taal van versoening in hierdie land moet wees”.

Jansen het as oplossing vir swak prestasie deur die leerlinge wie se inheemse moedertaal swak onderrig word, voorgestel dat Engels as onderrigtaal ingestel word – van die grondslagfase tot op universiteitsvlak.

“Hier is een groot langtermynoplossing vir die onderwyskrisis: onderrig elke onderwyser en elke kind van dag een af in Engels, pleks daarvan om die las te verswaar wat veroorsaak word deur swak moedertaalonderrig in die grondslagfase.”

Hy het uitgewys moedertaalonderrig waarborg nie beter uitslae nie.

Jansen het verwys na ’n “revolusie” oor taalgebruik op die UV-kampus, waar “menseverhoudings uitgepluis is vóór taalverhoudings. Deur swart en wit studente saam te bring as mense… het die strak lyne rondom mededingende tale begin vervaag.” – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.