Gyserlaarsdrama volg na afdankings

Deel op

mangaungtronkTronkbewaarders het Woensdag ‘n gyselaarsdrama by die Mangaung- Korrektiewe Sentrum buite Bloemfontein bevestig.

Andy Baker, hoof van G4S Africa, sê die bestuur van die gevangenis hanteer die situasie, maar hy het nie nadere inligting bekend gemaak nie.

Baker sê gebeurlikheidsplanne is gereed.

‘n Gemeenskapsradiostasie het vroeër berig dat vier gevangenes Woensdagoggend ‘n vroulike bewaarder  as gyselaar aanhou.

Dié drama volg nadat ongeveer 400 bewaarders onlangs afgedank is omdat hulle onwettig gestaak het. 

Hulle het die bestuur daarvan beskuldig dat hulle nie hul griewe hanteer nie, en ook dat sommiges se skorsing nie opgehef is nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.