Ombudsman vir belasting aangewys

Deel op
Bernard Ngoepe
Bernard Ngoepe

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Dinsdag die land se eerste belastingombudsman aangewys.

Die afgetrede regter Bernard Ngoepe sal die pos beklee.

“Die kantoor is bedoel om belastingbetalers van ’n bekostigbare meganisme te voorsien waardeur hulle administratiewe probleme kan hanteer wat nie deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) opgelos kan word nie.

“Regter Ngoepe het grondige ervaring in onpartydigheid; hy begryp hoe die magte en pligte van die SAID en die regte en pligte van belastingbetalers ten beste gebalanseer kan word. Bowenal is hy kundig in belasting- en administratiewe reg.”

Die aanstelling is ingevolge die Wet op Belastingadministrasie gedoen.

Besonderhede sal “mettertyd” bekend gemaak word. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.