Selfoonoproepe kan goedkoper word

Deel op
selfoonKonsepregulasies wat oproepe na ander selfoonnetwerke glo aansienlik goedkoper sal maak, word Vrydag gepubliseer.

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het Woensdag in ’n verklaring gesê hy het die 2010-tariewe hersien as deel van ‘n voortgesette poing om “die hoë koste van kommunikasie” in die land te verlaag.

Okosa het vroeër gesê hy meen die koste wat selfoonmaatskappye vra om ’n oproep aan ’n ander netwerk te verbind, moet so min as 15c per minuut wees. Dit is tans 40c per minuut.

‘n Ander kwessie betreffende konsepregulasies is sogenaamde asimmetrie, waar groot selfoonmaatskappye minder vir verbindingskoste na kleiner netwerke betaal as andersom. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.