Djonnitin Jansen se rassistiese nyd

Deel op

delport_manfred_600

deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Djonnitin Jansen, rektor van Kovsies, voel klaarblyklik weer afgeskeep en / of verveeld, en het derhalwe besluit om sy gunstelingteiken, Afrikaners, by te kom. Kan ook wees dat Djonnitin groter politieke ambisies as ‘n blote rektorskap het, en watter geriefliker teiken is daar vir ‘n kruiper as ‘n Afrikaner, as jy politieke punte wil aanteken? Ek gebruik terloops doelbewus nie die term “blanke Afrikaner” nie, aangesien dit ‘n toutologie sou wees – Afrikaners is per definisie wit, en dus is ‘n Afrikanerskool, vir die doeleindes hiervan, ‘n skool met ‘n meerderheid Afrikaners, wat ook per definisie blankes is. Volgens Djonnitin hou Afrikanerskole kwansuis ‘n ernstige bedreiging vir rasseharmonie in ons Guptatopie in. Nee, regtig. Nou goed, ek besef dit: Logika, redelikheid en die feite is vir ‘n politieke aanstelling soos Djonnitin uitgediende, Eurosentriese konsepte. Kruiperige politieke gedienstigheid voor sy ANC-meesters is kennelik vir Djonnitin veel belangriker oorwegings as die blote feite en die waarheid, maar vergun my om korte mette te maak met Djonnitin se nonsens.

Eerstens vind ek dit absurd dat ‘n taal soos Engels Djonnitin se voorkeur as onderrigmedium sou wees. Engels, wat slegs vierde op die lys van die mees algemene huistale in Suid-Afrika is, vergelyk maar sleg met Zoeloe, Xhosa en Afrikaans (ja, Djonnitin, Afrikaans!) as die drie mees algemene huistale.

Mens moet maar ook skynbaar nie te diep krap oor Djonnitin se akademiese agtergrond nie, maar dit word allerweë erken deur al wat ‘n nie-regstellende-aksie-akademikus is, dat moedertaalonderrig ‘n kritieke suksesfaktor vir akademiese sukses is. Die topskole in Gauteng sluit gereeld Afrikanerskole soos die Hoërskool Waterkloof en Affies in. Hoe Djonnitin, wat op sy CV probeer beweer hy is ‘n kenner in die opvoedkunde, daardie spesifieke navorsing misgelees het tydens sy studies, sal net hy en sy voormalige dosente weet. Was hulle ook kwota-dosente wat om ander redes as akademiese uitnemendheid aangestel is?

As Djonnitin dan logies en konsekwent wou wees, en as hy iets van die opvoedkunde begryp het, iets wat mens weer eens nie redelikerwys van ‘n politieke aanstelling kan verwag nie, sou hy moes aandring op streeksgebonde moedertaalonderrig: Zoeloe en Xhosa aan die Ooskus, Afrikaans, Sotho en Tswana in die binneland, en Afrikaans in die Weskaap.

Voorts gaan sy argument dat Engels kwansuis ‘n wêreldtaal is, ook nie op nie. Daar is baie meer sprekers van Mandaryns as wat daar Engelse huistaalsprekers is, en as Djonnitin die vaagste benul gehad het van die ekonomiese realiteite van die 21ste eeu, en dan regtig kinders ‘n ekonomiese voorsprong wou gee, sou hy logieserwys op onderwys in Mandaryns moes aandring, want die 21ste eeu gaan ongetwyfeld aan die Ooste behoort in ekonomiese- en magsterme. Voorts is Engels geen waarborg van ekonomiese sukses nie – Duits word deur slegs sowat 100 miljoen mense gepraat (vergelyk dit met die miljard plus Chinese), maar nietemin is Duitsland steeds ‘n ekonomiese supermoondheid. Sou Djonnitin ook aan Kansellier Merkel aanbeveel dat sy Duits in haar land se skole moes afskaf, sodat die Duitsers meer mededingend moes raak?

‘n Veel ernstiger vraag, wat Djonnitin in sy tirade nie duidelik maak nie, is waarom spesifiek Afrikaanse skole rasseharmonie kwansuis sou bedreig. Waarom dan nie ook die relatief blanke Engelse skole soos Bishops of King Edward, of Rivonia Primary waaroor daar ‘n hofsaak was, uitsonder nie? Waarom nie pikswart Vendaskole in Thohoyandou nie? Is dit agv Afrikanerskole se sukses? Want, nes Bishops en King Edward, het die groot meerderheid Afrikanerskole ook anderskleurige leerlinge. Mens sou dit besonder moeilik vind om ‘n 100% blanke voormalige Model-C-skool op te spoor.

Kom ons erken nou maar wat Djonnitin so beserk maak van onsamehangende woede en afguns: Afrikanerskole is Suid-Afrika se oorpresteerders en uitblinkers, veral waar dit by staatskole kom. Alhoewel daar in elke skool soms probleme voorkom, is blanke, Afrikaanse skole met reg bekend vir hul goeie dissipline en akademiese uitnemendheid, veral vergeleke met die wanorde en anargie wat dikwels in die res van die Guptatopiese skole heers. Dit geld selfs vir meestal blanke, Engelse skole. Die onlangse voorval waartydens ‘n blanke kind beserk geraak het, en ‘n onderwyseres met ‘n besemstok aangerand het, het juis in ‘n Engelstalige skool plaasgevind, met swart klasmaats wat die belhamel aangemoedig het.

Is sulke voorvalle – kinders wat onderwysers te lyf gaan met besemstokke – vir Djonnitin egter meer aanvaarbaar as dat Afrikanerskole wat goeie dissipline en resultate lewer? Dit lyk tog so, en dit is inderdaad al gevolgtrekking wat mens uit sy onsamehangende tirade kan maak. Hieruit volg dat Djonnitin een of ander wroeging koester teen goeie prestasies en dissipline, maar slegs wanneer Afrikaners dit bereik. Daarom beweer hy dat Afrikanerskole se goeie voorbeeld op een of ander manier sou bydra tot rassespanning. So nie, sou hy ook te velde moes trek teen suksesvolle, Engelse privaatskole soos Michaelhouse.

En hiervoor is slegs een verklaring: Jaloesie. Rassistiese jaloesie. Anti-Afrikaner-, rassistiese jaloesie. Daar is dus wel rassehaat in SA, maar dit word aangeblaas deur haters soos Djonnitin.

Soos die kulturele marxis wat Djonnitin is, is sy sogenaamde oplossing egter nie om te poog om ook Zoeloe-, Xhosa- en Sothoskole na dieselfde vlak as Afrikanerskole op te hef nie. Nee; sy oplossing is eerder ‘n tipiese kulturele marxis s’n: gedwonge gelykheid. Die afbreek van dít wat goed funksioneer, en die verlaging van standaarde na dié van die laagste gemene deler.

Dit is moeilik om opheffingswerk te doen, daarom verkies Djonnitin eerder ‘n uitweg wat sy geliefde Engelse “a race to the bottom” sou noem. In weerwil van die oorweldigende getuienis dat moedertaalonderrig wesentlik belangrik vir akademiese prestasie is – kyk bloot hoe goed vaar Afrikaanse Model-C-skole elke jaar met hul matriekuitslae – kies Djonnitin eerder die maklike uitweg: Hy wil nie ander ophef nie, hy wil Afrikaners eerder na die ander se vlak afrem. Hy wil so maak deur Afrikanerkinders se skoolloopbane te bemoeilik, om my en jou kinders hul reg te ontsê om in ons eie taal onderrig te ontvang.

Rassistiese afguns, ou Djonnitin, is egter nie ‘n mooi ding om te aanskou nie. Ek het boonop nog slegter nuus vir jou, Djonnitin: Selfs al slaag jy daarin, soos ‘n wafferse Milner, om Afrikaans etnies uit ons kinders se skole te reinig, gaan Afrikanerkinders nog steeds die res uitstof. Wie gaan jy dan vir rassespanning blameer, Djonnitin?

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.