Agang gaan glo korrupsie uitskakel

Deel op
Seepunt Sinagoge
Seepunt Sinagoge

Die leier van Agang SA en voormalige amptenaar van die Wêreldbank, Mamphela Ramphele, sê haar party se visie is om die Grondwet te beskerm deur korrupsie uit te skakel.

Sy het deelgeneem aan ‘n bespreking saam met die voormalige leier van die DA, Tony Leon, voor lede van die Joodse gemeenskap in Kaapstad, wat gehou is by Maraisstraat se Sinagogesaal in Seepunt. Dié gemeenskap verteenwoordig die grootste Ortodokse Joodse gemeente in Suid-Afrika.

Die voorsitter kon nie haar naam uitspreek nie en het haar voorgestel as “Ramfielie”. Sy het haar naam stadig en uitdruklik herhaal met die harde p-klanke toe sy die mikrofoon vat.

Volgens Ramphele is korrupsie die kern van die stryd vir baie van diegene wat steeds opsy geskuif word, het RSG berig.

Ramphele sê haar party is ingestel op verantwoordbaarheid en goeie regering en hulle wil met die staatsdiens begin, want die land kort ‘n staatsdiens wat professioneel is en nie korrup nie. Die onderwerp was “Liberalisme in 2014”.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.