‘Iran is so gevaarlik soos 50 Noord-Koreas’

Deel op
Benjamin Netanyahu
Benjamin Netanyahu

Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu het tydens sy toespraak by die sitting van die VN se Algemene Vergadering ‘n waarskuwing gerig teen die regering van Iran.

Hy het die nuwe president Hassan Rouhani as ‘n “wolf in skaapsklere” bestempel en gesê Israel sal nooit ‘n Iranese kernprogram toelaat nie. Hy het gesê Iran is so gevaarlik soos 50 Noord-Koreas.

Westerse diplomate het egter Netanyahu se definisie van ‘n ooreenkoms met Iran as “heeltemal onrealisties” beskryf omdat dit ‘n “onvoorwaardelike oorgawe” vereis.

Iran se adjunk-ambassadeur by die VN, Khodadad Seifi het op sy beurt gesê Iran is ‘n ondertekenaar van die kern-sperverdrag. Israel wat self ‘n kernmoondheid is, is nie ‘n ondertekenaar van die verdrag nie.

Rouhani het vroeër ‘n fatwa, ‘n heilige beletsel, oor kernwapens uitgeroep. Hy het herhaal dat sy land geen planne het om kernwapens te ontwikkel nie. Verskeie Amerikaanse intelligensie-agentskappe het hom reeds gelyk gegee.

Sedert sy verkiesing het Rouhani reeds verskeie versoenende uitsprake teenoor Israel en die Weste gemaak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.