Die Stad Tshwane het begin met die installering van voorafbetaalde elektrisiteitsmeters in Pretoria.
Die nuwe voorafbetaalde meters vervang ou meters ingevolge ‘n projek wat ‘n veilige inkomstestroom sal verseker.
Groot kragverbruikers sal eerste aan die beurt kom waarna die projek in Januarie 2014 in fases na huishoudings sal beweeg.
Die meters word gratis geïnstalleer, en die munisipaliteit sê die nuwe meter-projek sal nie ‘n uitwerking hê op kragpryse nie. – SABC