Hoofstroommedia berig nie oor VN se gifgasaanval-verslag nie

Deel op
Raqqa
Raqqa

Ses weke gelede het ‘n tweemanafvaardiging in die geheim in Damaskus aangekom uit Aleppo. Dié twee is deur die Siriese rebelle afgevaardig. Hulle het onder ‘n waarborg van veiligheid met die personeel van president Bashar al-Assad kom onderhandel. Hulle glo in ‘n “Siriese oplossing” om die burgeroorlog tot ‘n einde te bring, skryf Robert Fisk in die Independent.

Die afvaardiging het vier punte voorgehou: Dat daar ‘n “interne Siriese dialoog” moet wees; dat private en openbare eiendom gehandhaaf word; dat daar ‘n einde moet wees aan burgerlike, sektariese, etniese twis, en dat almal moet werk vir ‘n demokratiese Sirië waar die oppergesag van die reg heers. Daar was, interessant genoeg, ook geen eise vir Assad se vertrek nie.

Nog ‘n merkwaardige ontwikkeling is dat in sewe gebiede van Aleppo, die meeste van hulle onder die beheer van die rebelle, werknemers sal kan terugkeer om te werk in hul kantore, en regeringsinstellings en skole sal kan heropen. Studente wat oor die afgelope twee jaar deelgeneem het aan geweld sal ontwapen word en terugkeer na hul klaskamers .

Rebelle het, wat hulle noem, die “Nasionale Unie vir die behoud van Sirië” tot stand gebring, weens groeiende kommer oor die teenwoordigheid van al-Kaida in die land.

Die voordele vir Assad is duidelik. As rebelle oorreed kan word om terug te keer na die geledere van die regime se weermag met waarborge vir hul veiligheid, sal groot dele van die rebelle hul stryd laat vaar en sal die regering beheer neem sonder dat ‘n skoot verder geskiet is. Só ‘n weermag sal al-Kaida in die naam van nasionale eenheid gou-gou die loef afsteek.

Die Islamitiese vegters in die Siriese opposisie is beslis ‘n bron van ernstige kommer vir almal wat betrokke is in die oorlog. Die Islamitiese vegters in Sirië is besig om in ‘n ernstige bedreiging vir die voortbestaan ​​van die land se Christene in te hou. Biskoppe en patriarge van regoor die streek het juis in Beiroet verlede Vrydag oor die groot uittog van die Christene van die Midde-Ooste besin.

Groot skade is aan kerke in Raqqa – nou onder die beheer van al-Kaida – asook in Maaloula aangerig en het Christene uitgesonder vir vernedering.In Christelike huise is kruise verpletter, en die indringers het ‘n perverse plesier daarin geneem om die inhoud van die huise totaal te vernietig sodat huisgesinne met klein kinders opeens dakloos gelaat is en sonder kos.

Die volledige weergawe van die VN se chemiese wapeninspekteurs se verslag van Sirië is nie deur die hoofstroommedia bekendgemaak nie. Die besonderhede van die dood en lyding van onskuldiges van die Ghoutagebied van Damaskus is vreeslik. Twee broers, blyk dit, was die enigste oorlewendes van hul familie van 40 wat in dieselfde gebou gewoon het. Die verslag lui as volg:

“‘n Leier van die plaaslike opposisie (sic) wat geag word as prominent in die gebied … is geïdentifiseer en versoek om die [Verenigde Nasies] Missie te vergesel,” sê hy. Natuurlik moet die VN-inspekteurs se veiligheid verseker word. Maar hulle was in werklikheid in die hande van die rebelle. ‘n Vraelys vir oorlewendes is ook glo “versprei na die opposisie kontakte”.

Nog meer kommerwekkend is ‘n kort paragraaf op bladsy 22 . Op die plekke waar Saringasmissiele geland het, het die inspekteurs bevind dat “die plekke is goed deurreis (sic) is deur ander individue voor die aankoms van die Missie … Tydens die tye wat by hierdie plekke deurgebring is, het individue aangekom om van die vermeende ammunisie te skuif wat aandui dat sulke potensiële bewyse verskuif kon gewees het en moontlik gemanipuleer”.

Gemanipuleer? Die hoofstroommedia het duidelik nie die inspekteurs se verslag goed gerapporteer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.