
Die dissiplinêre tribunaal na die beweerde wangedrag van die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, word vandag hervat wanneer daar repliek gelewer sal word op gister se openingsbetoë.
Hlophe is in 2008 van regterlike wangedrag beskuldig nadat hy na bewering probeer het om regters van die Konstitusionele Hof te beïnvloed in die korrupsiesaak teen president Jacob Zuma.
Hlophe se regspan bevraagteken die geldigheid van die verhoor sê die klagte teen Hlophe is nie onder eed ingedien nie.
Die regsverteenwoordiger vir die Konstitusionele Hof het egter gesê die klagte is deur al die regters van die Konstitusionele Hof gemaak, en was vergesel van beëdigde verklarings. – RSG