Siriese vlugtelinge las op buurlande

Deel op
Walid al-Moualem
Walid al-Moualem

Buurlande van Sirië sê die toenemende getal vlugtelinge van die burgeroorlog in die land plaas ‘n ondraaglike las op hulle eie hulpbronne.

Die verteenwoordigers van Libanon, Jordanië, Irak en Turkye het in Geneve gepleit vir groter internasionale steun. Die kwessie is reeds deur die VN se Vlugteling-agentskap aangeroer.

Sirië se minister van buitelandse sake, Walid Moeallem, sê egter van die buurlande wat by die konflik ingemeng het, het net sake vererger.

Hy het na die Siriese opposisie as terroriste verwys. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.