Kommer heers oor Wits se toekoms

Deel op
Die vrugte van transformasie
Die vrugte van transformasie

Kommer heers oor die toekoms van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) nadat nóg senior personeellede te midde van herstrukturering bedank het.

Die oudste universiteit in Johannesburg was onlangse in die nuus weens voorvalle van seksuele teistering wat gelei het tot die afdanking van twee swart en een wit akademiese personeellid.

Verskeie top-akademici het intussen bedank, het die Business Day berig.

Twee dekane het ook hul bedanking ingedien.

Die Academic Staff Association of Wits University (Asawu) het gesê daar was ‘n gebrek aan duidelike kommunikasie.

Die vereniging het ‘n beroep gedoen op Adam Habib, viserektor van die universiteit, om bekend te maak wat die werklike redes vir die bedankings is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.