Maponya kritiseer SEB

Deel op

Sakeman Richard Maponya het kritiek teen die regering uitgespreek oor sy beleid van swart ekonomiese bemagtiging

Richard Maponya
Richard Maponya

in ‘n onderhoud met die Sowetan.

“Dit (SEB) is nie ‘n ware ding nie, want dit neem die self-inisiatief weg wat nodig is vir jong en opkomende entrepreneurs wat moet wakker word en die dinge self wil doen,” het hy gesê by die sesde verjaarsdagvieringe van Maponyawinkelsentrum in Soweto Vrydag.

Hy het gesê breëgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BBSEB) was dalk in beginsel ‘n goeie idee, maar in die praktyk werk dit nie altyd nie.

“Ek blameer regtig ons regering vir die ekonomiese situasie, want ons is byna 20 jaar in ons nuwe bedeling, maar ons het nie ‘n bank wat ‘n risiko fonds aan mense beskikbaar stel nie

Hy het ook gesê swart en wit besigheid moet verenig, maar het bygevoeg dat wit sakelui en buitelanders nie toegelaat moet word om sake te oorheers in townships nie.

Soweto het skielik ‘n plek geword waar wit sakelui wil besigheid doen, wanneer klein entrepreneurs van die gebied die geleentheid gegun moet word om eie besigheid hier te doen,” het Maponya gesê. Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.