Regering gaan plase terugvat wat onderbenut word

Deel op
Mamre-inwoners skud blad met Nkwinti
Mamre-inwoners skud blad met Nkwinti

Die regering gaan plase wat in die herkapitalisering- en ontwikkelingsprogram toegeken is, maar nie benut word nie, terugvat, het Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gesê.

Nkwinti het verskeie herkapitalisering-grondhervormingsprojekte in die Vrystaat besoek.

Die besoek is deel van ’n bestekopname oor vordering wat gemaak is sedert die instelling van die program vir herkapitalisering en ontwikkeling vir grondhervormingbegunstigdes in 2010.

Nkwinti het gesê die regering gaan streng tydsbebalings instel sodat die nuwe eienaars nie die grond verkoop of verhuur kort nadat hulle dit bekom het nie.

Die provinsiale leier van die African Farmers Association of South Africa (Afasa), het aan Beeld gesê baie van die begunstigdes het plase verkoop weens ’n gebrek aan toewyding aan landbou en afwesige mentors.

Nkwinti sal ‘n hof Dinsdag vra om te bevestig dat sy departement onwettig opgetree het met ‘n R600 miljoen grondeis in 2009.

Die transaksie het aanleiding gegee tot KwaZulu-Natal se R10 miljard Blythedale Coastal Resort ontwikkeling.

Die verhoor wat oor vier dae sal loop, dien voor Regter AJ Sardiwalla in die Durbanse Grondeisehof. Landboukenners sê indien Nkwinti en die grondeisers daarin slaag dat die transaksie gekanselleer word, twyfel sal heers oor al die grondeisooreenkomste wat deur die regering sedert 1998 aangegaan is.

Nkwinti beskuldig die voormalige Minister van Landbou, Lulu Xingwana, en die waarnemende hoof van die voormalige Departement van Grondhervorming, Blessing Mphela – wat die transaksie vir 3 800 hektaar goedgekeur het – van ‘n “onwettige” rubberstempel.

Die voormalige minister van behuising, Lindiwe Sisulu het voorheen na die transaksie as ‘n “belangrike mylpaal en ‘n bloudruk vir behuisingsontwikkeling” verwys.

Die meer as 1 000 eisers vra dat die hof ‘n ooreenkoms met die KwaZulu-Natalse ontwikkelaar Mark Taylor ter syde te stel, en beweer die implikasies van die transaksie was nie ten volle aan hulle verduidelik toe hulle dit onderteken het nie.

Hulle het die hof gevra om die ontwikkelingsooreenkoms nietig te verklaar, wat aan hulle gratis huise en duisende werkgeleenthedesou bied .

Hulle vra die hof ook om Xingwana te dwing om ‘n belofte na te kom van 2009, waar elke eiser ‘n kontant betaling van R10 000 sou ontvang tot die huise en werksgeleenthede realiseer.

In hofdokumente het die eisers, beter bekend as die Zwelabantu Dube Communal Property Association, ook gevra dat Regter Sardiwalla oorweeg of die regering, in terme van artikel 42D van die Wet op Herstel van Grondregte, grondwetlik was.

Taylor is in die knyp met ‘n paar angstige beleggers en skuldeisers wat hulself nou na die howe wend om hul geld terug te kry na die oord-ontwikkeling verlede jaar tot stilstand gekom het.

AgriSA, Kwanalu en SA Canegrowers sê dat hulle die hofverrigtinge fyn dophou aangesien die uitslag beleggingsvertroue kan skud.

Die Mamregemeenskap het verlede Dinsdag die titelaktes van 4 200 hektaar se landbougrond terug ontvang wat glo onder die apartheidsregering meer as twee dekades gelede, van hulle vervreem is.

Die oorhandiging is deur die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming as deel van die dorp se Erfenisdagvieringe gedoen.

Hierdie oordrag is ‘n groot prestasie vir die meer as 2 000 huishoudings wat sal voordeel trek uit dit. Dit is die eerste van ‘n soortgelyke oordrag na ander landelike bruin gemeenskappe,” het die departement gesê.

Sowat 500 gesinne is gedwing om hul grond te verkoop in 1986 om plek te maak vir die ontwikkeling van Atlantis.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.