Polisie skiet meisie in oproer

Deel op
Cato Crest
Cato Crest

Die polisie het na bewering ‘n 17-jarige meisie wat onder ‘n groep oproermakers was, doodgeskiet. Hulle het teen die sloping van hul plakkershutte in Cato Crest, Durban betoog.

Vroeër vanjaar is sewe polisiebeamptes vrygespreek vir die 2011 moord op die Ficksburgse aktivis Andries Tatane.

Bandile Mdlalose, sekretaris-generaal vir NGO Abahlali baseMjondolo, het gesê: “Die gemeenskap is kwaad, hulle wil geregtigheid hê, hulle sal nooit hierdie sinnelose slagting vergeet nie. Die tiener is doodgeskiet sonder dat ‘n waarskuwingskoot geskiet is.

Die provinsiale woordvoerder van die polisie, Jay Naicker sê die betogers het twee polisiebeamptes in ‘n hinderlaag gelei wat veroorsaak het dat hulle skote in die skare gevuur het, wat tot die dood van die meisie en ‘n ander persoon gelei het.

“Die skare van ongeveer 500 mense het die polisie omsingel. Hulle het die polisievoertuig in ‘n hinderlaag gelei en die voertuig met klippe bestook. Hulle het ‘n venster gebreek en groot skade aan die voertuig veroorsaak. Die verdagtes het na bewering probeer om die polisie te trek uit die voertuig. Maar toe die polisie ‘n skoot in die skare afvuur, het hulle weggehardloop. – SABC

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.