ANC doen beroep op staatsveiligheid om Keniaanse aanval te ontleed

Deel op
Dié jongspan weet blykbaar hoe om 'n winkelsentrum te laat implodeer
Dié jongspan weet blykbaar hoe om ‘n winkelsentrum te laat implodeer

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het ‘n beroep op die departement van staatsveiligheid gedoen om die aanval op die Westgate-winkelsentrum in Nairobi te ontleed om Suid Afrika beter te beskerm.

Die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe sê die aanval het beklemtoon dat strenger immigrasiewette nodig is.

“Dié aanval beklemtoon die behoefte aan strenger immigrasiewette en -prosesse, om die veiligheidsmaatreëls van Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente te verbeter, asook die monitering van mense se beweging in die algemeen,” lui die verklaring uitgereik deur Mantashe.

Interpol het reeds ’n internasionale lasbrief vir Lewthwaite se inhegtenisneming uitgereik.

Die aanvallers in die Westgate-winkelsentrum in Nairobi het deur ’n dreineringstonnel onder die winkelsentrum gevlug, nadat hulle glo winkels in die kompleks gehuur het en wapens deur goederehysbakke na betrokke noduspunte geskuif het.

Die ontsnaptonnel is eers 72 uur ná die aanval ontdek. Dit is onwaarskynlik dat die aanvallers nie ondersteuning van ‘n georganiseerde staat gehad het nie.

Somalië, die vermeende tuiste van die aanvallers, is ‘n sogenaamde gefaalde staat. Minder as 40% van die bevolking oor die ouderdom van 15 kan lees en skryf. Wat vroue betref is die persentasie ongeveer 25%. Die gemiddelde kind is nie langer as drie jaar op skool nie.

Vrae oor die enorme skade aan die winkelsentrum het ontstaan nadat drie vloere van die kompleks ineengestort het. Kenners meen dit kon nie deur die aanvallers veroorsaak gewees het nie, aangesien die ineenstorting spesialiskennis sou vereis.

Die skade het egter versekeringseise moontlik gemaak wat nie andersinds sou uitbetaal nie.

Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die departement van binnelandse sake, het gesê Lewthwaite het in Februarie 2011 Suid-Afrika met dié vervalste paspoort verlaat.

Mantashe het ook gesê identiteitsdokumente se onvervalsbaarheid moet opgeknap word en menseverkeer moet beter gemonitor word.

Die groep al-Shabaab, wat bande het met al-Kaida, het aanspreeklikheid aanvaar vir die aanval in Nairobi op 21 September. Sewe-en-sestig mense is in die aanval dood en byna nog soveel mense word steeds vemis.

Hulle is vermoedelik in die puin van die winkelsentrum begrawe.

Dit het intussen aan die lig gekom dat Kanada steun verskaf aan mense van Midde-Oosterse afkoms wat deelneem in die geweldsteater in en rondom Sirië waar die VSA al-Kaida steun.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.