Vlieëniers kla oor vlaag laseraanvalle

Deel op

groenlaserDuisende vliegtuie by Brittanje se besigste lughawens is in gevaar want vlieëniers word verblind deur laserpenaanvallers.

Hierdie lasers kan ‘n passasierstraler uit die lug haal.

Brittanje se grootste vlieëniersunie is so bekommerd oor ‘n onlangse vlaag voorvalle, dat hulle ‘n noodbulletin aan lede uitgereik het wat hulle adviseer oor hoe om blindheid te verhoed asook verlies van beheer oor hul vliegtuie.

Balpa, die British Airline Pilots’ Association wil nou die wet verander sodat enigeen wat betrap word in die besit van sekere lasers sonder ‘n “wettige rede” tronk toe gestuur word.

Die meeste van die aanvalle is op groot kommersiële vliegtuie, maar selfs militêre vliegtuie word geteiken.

Polisiehelikopters wat misdadigers oor digbevolkte gebiede jaag, word ook gereeld getref.

In die meeste gevalle is dit jeugdiges, maar vlieëniers en sekuriteitsdeskundiges is bekommerd dat terroriste dit ook kan gebruik.

Die voorvalle is almal vervat in amptelike verslae aangemeld by die Burgerlike Lugvaartowerheid.

Vliegtuie word getref soveel soos vyf keer per dag deur hoëintensiteit laserpenne wat aanlyn vir so min as R150 gekoop kan word. Meer kragtige laserpenne kan oor langer afstande trefseker wees.

Hulle word gewoonlik gebruik as hulpmiddels deur onderwysers en dosente, maar kleinhandelaars verkoop ook die meer kragtige toestelle aan sterrekundiges en konstruksiewerkers.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.