Die Ombudsman vir kinders in Swede het Saterdag besnydenis verbied, ‘n praktyk wat hulle meen die basiese regte van seuns oortree.
“Besnyding van ‘n kind sonder mediese regverdiging of sy toestemming oortree hierdie kind se menseregte,” het Fredrik Malmberg gesê. Mediese beroepslui was mede-ondertekenare van die verklaring wat gepubliseer is in die koerant Dagens Nyheter.
“Die operasie is pynlik, onomkeerbaar en kan lei tot ernstige komplikasies,“ Malmberg gesê.
In 2001 het Swede besnyding gewettig, wat ‘n godsdienstige gesag magtig om die operasie uit te voer indien die kind onder twee maande oud is. As die kind ouer as dit, kan slegs deur ‘n dokter uitgevoer word.
Die wet vereis ook die toestemming van die ouers en vereis dat hulle ten volle ingelig is oor die werking en die implikasies daarvan.
Die wet het voorheen steun in Swede geniet en ‘n voorstel in Oktober verlede jaar om besnyding te verbied deur ‘n regse party in Swede, is deur die linkse regering verwerp.
Volgens Malmberg oortree die wet die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind.
Die Sweedse regering sê dat sowat 3000 seuns elke jaar in Swede besny word.
In 2012, het ‘n hof in Köln, Duitsland, verklaar dat die ritueel ‘n ernstige liggaamsbesering is in ‘n uitspraak wat internasionale oproer veroorsaak het.
Die Duitse parlement later onder druk geswig en besluit om die praktyk vir godsdienstige redes toe te laat.
Studies het getoon dat manlike besnyding die risiko vir MIV-infeksie in mans met sowat 60 persent verminder. – Sapa/AFP