Beeld besluit dat dood van forensiese patoloog nie verdag is nie

Deel op

uvProf. Cathy Beukes, hoof van die departement anatomiese patologie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het glo haar eie keel met ’n elektriese mes oopgesny, het Beeld berig.

Beukes (64) is Sondagoggend deur haar man, prof. John Shipley, oudhoof van die departement ortopedie by die Universitas-hospitaal, in hul studeerkamer met ’n snywond aan haar keel gekry. Sy was glo al dood.

Die dagblad Beeld sê geen misdaad word vermoed nie. Dit is nie duidelik hoe die verslaggewer tot dié gevolgtrekking gekom het oor die dood van ‘n forensiese patoloog nie.

Volgens die polisie is ’n elektriese mes by haar gevind, maar daar was nog geen nadoodse ondersoek wat die koerant se gevolgtrekking kon bevestig nie.

Beukes is deur prof. Gert van Zyl, dekaan van die UV se fakulteit gesondheidswetenskappe, as ’n “warm mens” beskryf.

Van Zyl sê Beukes het op akademiese gebied aansien geniet. Hy het sy medelye teenoor haar gesin uitgespreek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.