Amcu-staking skop af

Deel op

amcu2Die staking deur die mynwerkers vakbond, AMCU by Anglo American Platinum se myn op Rustenburg in Noordwes, het begin.

Die vakbond staak oor die beplande aflegging van meer as drieduisend werkers by die Amplats-myn.

Dit volg nadat onderhandelinge oor die afleggings tussen Amplats en die vakbonde by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie vroeër vanjaar deur die mat geval het.

Verteenwoordigers van AMCU, die polisie en munisipale amptenare het gistermiddag oor die staking vergader.

‘n Polisiewoordvoerder, Thulani Ngubane, sê hulle sal seker maak dat diegene wat aan die staking deelneem, hulle demokratiese reg uitoefen en die wet respekteer. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.