Farlam, uit sy diepte, drink tee

Deel op
Ian Farlam
Ian Farlam

Regter Tati Makgoba van die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou in die saak oor staatsfinansiering in die Marikanaverhoor.

Hy het belowe om sy finale uitspraak te lewer voordat die Marikanakommissie sy verrigtinge aanstaande maand voortsit.

Die regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, wat Marikanamyners verteenwoordig, het aan die hof gesê die President, Minister van Justisie en die Regshulpraad het geen regs-, morele of logiese rede om teen die regsverteenwoordigers te diskrimineer wat die Marikanaslagoffers en hulle families by die kommissie verteenwoordig nie.

Die Marikanakommissie van Ondersoek het suksesvol vir ‘n verdere verlenging van sy verhore aansoek gedoen. Die kommissie het die aansoek aan president Jacob Zuma gerig.

Dit is die derde keer dat die kommissie ‘n verlenging kry nadat hy nie sy spertyd kon haal nie. Dit is nie duidelik hoe lank die verlenging gaan wees nie.

Die kommissie het intussen tot die 14 van aanstaande maand verdaag. Die voorsitter van die kommissie, die afgetrede regter Ian Farlam, sê daar is nog baie werk wat gedoen moet word.

Ontleders meen die drie-en-sewentigjarige voorsitter speel vir tyd, aangesien hy reeds deur die slagoffers van die slagting in ‘n morele hoek gedryf is.

Farlam gebruik glo die voorsitterstoel om ‘n ligte luim tydens die verhore te probeer skep met grappies en allerlei kwinkslae terwyl hy Mpofu aanhoudend snobeer.

Behalwe dat Farlam, wat in Kaapstad gebore is op 14 Junie 1939, uit sy diepte is om die ooglopende morele aanklag te systap, is hy besonder lief vir sy tee.

Hy loer glo nader aan 11:00 deurentyd na sy horlosie en onderbreek verrigtinge om navraag te doen oor die stand van die teepouse.

Presies dieselfde proses word teen 15:00 klokslag met elke sitting herhaal. – RSG/praag

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.