
Ondersteuners van Julius Malema se Economic Freedom Fighters ( EFF) en lede van die Suid-Afrikaanse studente-organisasie (Sasco) het mekaar Donderdag getart en handgemeen geraak, kort voor Malema by Unisa opgedaag het.
Solly Nkuna, Sasco se voorsitter by Unisa, sê slegs geregistreerde studente sal toegelaat word in the ZK Matthews-saal, waar Malema veronderstel was om oor grondhervorming te praat.
“Ons sal enige optrede van Malema ontwrig,” sê Nkuna. “Ons is van mening dat diegene wat nie studente is nie, geen reg het om deel te neem nie.”
Hy het die bestuur van Unisa daarvan beskuldig dat hulle besig is om Unisa te verander in ’n platform vir ongelukkige voormalige ANC-lede.
Malema is in 2012 as leier van die ANC Jeugliga geskors.
Nkuna sê Sasco is verplig om die reënboognasie te beskerm en sal nie enige organisasie wat die land met geweld wil afneem, ondersteun nie.
Die EFF –ondersteuners was intussen besig om “Een Zuma, een idioot”, te sing, terwyl hulle hul hande in die vorm van ’n stortkop bo hul kop hou. – Sapa