Suid-Afrika is ‘n donker organisasie

Deel op

Dark_Side_by_MDesignN

deur Johann Theron

Donker organisasies is blykbaar ‘n onbekende begrip in SA wat verduideliking vereis omdat mens dit kan verwar met terme soos “donker Afrika” – wat toevallig nie die geval is nie. Inderwaarheid is inligting hieroor beskikbaar in skrywes, onder andere van die psigo-analitiese antropoloog, prof. Howard F Stein: Nothing Personal , Just Business (na die bekende gesegde van Donald Trump) en die sosioloog prof Diane Vaughan: The Dark Side of Organizations (1999).

Vaughan vind hierin “that routine nonconformity, mistake, misconduct and disaster, are systematically produced by the interconnection between environment, organizations, cognition and choice”. Om dit effens meer duidelik te stel kan die volgende gekwoteer word; “Social normalization of deviance means that people within the organization become so much accustomed to a deviant behavior that they don’t consider it as deviant, despite the fact that they far exceed their own rules for the elementary safety.”

Alternatief argumenteer Stein (2001) dat “institutional change creates feelings of loss and grief that are often denied, leading to an inability to mourn, that can destroy trust and produce aggression”. Opsommend skryf Stein dat “Throughout the United States and indeed the world, organizations have become places of darkness, where emotional savagery and brutality are now commonplace and where pscychological forms of violence – intimidation, degradation, and dehumization – are the norm.”

Die sielkundige sien dit uit die hoek van veranderingsbestuur terwyl die sosioloog dit sien as afgeweke bestuur (afgeweke van die normale) wat inderdaad die “verandering” is. In ‘n sin praat die twee skrywers oor dieselfde probleem en daarom verwys hulle daarna as “donker organisasies” en nie donker kontinente of mense nie. Alhoewel dieper ondersoek aantoon dat “afwykende mense” met medies nie-gesertifiseerde toestande soos narsisme, dissosiasie, slagoffermentaliteite, ens., organisasies negatief beinvloed, gaan dit eintlik oor negatiewe druk, asook die geassosieerde organisatoriese reaksie daarop.

Daar is oorweldigende getuienis van natuurlike druk op organisasies soos bv. ekonomiese prestasievereistes. En hierdie druk kan ook baie negatief wees:  dermate dat organisasies eenvoudig bankrot gaan. Hier kan ek verwys na Jim Collins: How the Mighty Fall (2009) waarin hy ongeveer 26 faktore identifiseer wat organisasies laat misluk. In alle gevalle egter, verwys hy na “gesonde” organisasies en bemoei hy hom dus nie met “donker” organisasies nie. Dit is dus baie moeilik om na donker organisasies te verwys as “donker” omdat hulle sonder om te blik of te bloos, iemand sal aankla van crimen injuria en op dieselfde tyd gelys sal word onder die “toptien beste maatskappye om voor te werk”.

In die Suid-Afrika Beperk is daar blyke van donker eienskappe wat meer en meer na vore kom. Dit kan gesien word in die algemene verlies aan deursigtigheid want die eerste ding wat ‘n bedreigde organisasie doen is om sy “inligting” te beskerm. Dit is soortgelyk aan die vorming van “silo’s” waar een departement nie met ‘n ander departement praat nie omdat die bestuurder beter wil “lyk” by die baas – amper soos die eenoogkoning. Indien inligting versprei word, is dit dubbelsinnig soos bv dat SA se buitelandse beleid die teenoorgestelde is van sy binnelandse beleid. Neem Guptagate as ‘n voorbeeld.  Neem ook die stadsbeplanningsbeleid oor “spatial densification” ten spyte waarvan laekostebehuising steeds op grondvlak ontwikkel word wat eintlik die chaotiese stedelike uitbreiding vererger.

Só kan ‘n mens aangaan en amper tot vervelens toe SA organisasies op ‘n afstand identifiseer wat aan hierdie siekte ly. Dit is inderdaad ‘n siekte wat behandel kan word, maar soos met alkoholisme, is erkenning die eerste stap. Wat effens skrikwekkend is, is dat plaaslike sosioloë dit nie raaksien nie – ag nee, ek het al weer vergeet – hulle is self ook donker want hulle salarisse hang af van wat hulle skryf.

Myns insiens sal SA nooit suksesvol word as ons nie eerlik is nie – dít is die kernwaarde.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.