Voorsitter van gemeenskapspolisieforum vermoor

Deel op

moordDie voorsitter van Azaadville se gemeenskapspolisieforum, wes van Johannesburg, is doodgeskiet, het die polisie van Kagiso gesê.

“Gister (Woensdag) is die voorsitter van die Azaadville-gemeenskapspolisieforum teen omtrent 1 namiddag tydens ‘n sakeroof by sy winkel in Chamdor naas Kagiso beroof en geskiet,” het adjudantoffisier Solomon Sibiya in ‘n verklaring gesê.

Sibya het die man as Ishmail Shaik geïdentifiseer.

Ooggetuies het blykbaar meer as ses mans in twee motors sien aankom.

Na bewering het vier mense ‘n winkel in Jacobstraat, Chamdor, naby Kagiso, binnegegaan en geld van die winkeleienaar geëis terwyl hy met ‘n wapen aangehou word, meen Sibiya.

“Toe die oorledene weerstand bied is hy in die kop en in die bors geskiet. ‘n Onbekende hoeveelheid kontant is gesteel. Die verdagtes het in twee voertuie van die toneel af gevlug.”

Die oorledene, wat blykbaar in sy dertigerjare is, is inderhaas na die plaaslike hospitaal geneem waar hy later gesterf het.

“‘n Enkele verdagte is in hegtenis geheem en word vir ondervraging aangehou,” het Sibya gesê.

Die polisie is steeds op soek na 10 mense wat vermoedelik met die roof en moord verbind word. – Sapa

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.