Wit metropolisiebaas van rassisme, korrupsie beskuldig

Deel op
Mike Smith
Mike Smith

‘n Senior lid van Johannesburg se metropolisie en sy departement word aangekla van rassisme en korrupsie.

The Star het Woensdag berig dat drie polisiebeamptes beweer dat hoof-superintendent Mike Smith hulle onregmatig uit hul poste ontslaan het.

Lesiba Kganyago het aan The Star gesê hy is afgedank nadat hy ‘n kollega in gewone drag per ongeluk in hegtenis geneem het, toe laasgenoemde hom van agter bekruip en op hom gespring het.

Die kollega het homself eers geïdentifiseer nadat hy teen die grond vasgedruk en geboei is.

Ten spyte daarvan dat alle klagte teruggetrek is, het Smith glo aangedring dat Kganyago ontslaan word.

Volgens Kganyago is Smith se departement heeltemal deurtrek van korrupsie. Swart beamptes word glo geviktimiseer.

Twee ander metrobeamptes het ook teen hul afdankings geappelleer.

Wayne Minnaar, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die aantygings sal bespreek word nadat die Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie (KBVA/CCMA) hul bevinding bekend gemaak het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.