Kultuuroorlog woed verder oor geweldsmisdaad

Deel op

baby_rapeTerwyl jong swart en bruin mans oorwegend vir Suid-Afrika se vlaag van geweldsmisdaad verantwoordelik is, wend die hoofstroommedia – sowel Suid-Afrikaans as buitelands – verbete pogings aan om blanke mans hiervoor verantwoordelik te hou.

In ‘n artikel verlede Sondag het die marxistiese feminis, Gillian Schutte, in die Sunday Independent geargumenteer dat die probleem in Suid-Afrika nie die meer as miljoen verkragtings is wat jaarliks plaasvind nie, maar die “wit konserwatiewe verhaal” wat daaromheen “gekonstrueer” word.

In haar artikel getitel Beware racial trap when reporting rape beweer sy dat dit ‘n mite is dat swart mans babas verkrag omdat sommige glo dat hulle sodoende van Vigs genees sal word. Sy skryf:

“In die geval van babavekragting, word die mitologie van die ‘swart toordoktermentaliteit’ ook luid verkondig deur ‘n konserwatiewe blanke diskoers, wat uitdruklik wil bewys dat swart mense tradisionele moetie en ‘toordery’ bo menslikheid stel.”

Dr. Dan Roodt van praag het egter ‘n repliek van 1400 woorde aan die Sunday Independent gerig waarin hy verwys na gepubliseerde akademiese navorsing deur Suzanne Leclerc-Madlala wat wel bewys dat die “maagdelike reinigingsmite” ‘n rol by babaverkragtings deur swart mans speel.

Oor die afgelope paar dae het daar insgelyks ‘n argument op Twitter rondom die onderwerp tussen Roodt en Schutte gewoed. ‘n Deelnemer aan die Twitter-gesprek, mnr. Derek Gerber, het verwys na amptelike statistiek oor Suid-Afrika se gevangenisbevolking wat aantoon dat daar slegs 2400 blanke mans in die tronk verkeer. Dus kan blanke mans onmoontlik vir die geweldsmisdaad, waaronder Suid-Afrika se hemelhoë verkragtingsyfer, verantwoordelik wees. Volgens ingeligte beramings word meer as ‘n miljoen vroue per jaar in die land verkrag, waarvan ‘n derde minderjarige meisies is.

Dié toestand het dr. Roodt genoop om die term “sadistiese apokalips” te munt om die land se buitengewone verval in geweld, waaronder veral seksuele geweld, te beskryf.

Sadisme die ‘heersende ideologie in Suid-Afrika’

“In vredestyd is die intensiteit van moord en verkragting wat ‘n mens in Suid-Afrika aantref, ongekend,” sê Roodt. “Oor die afgelope weke en maande het ek daaroor nagedink en is tans besig om ‘n langerige artikel van so 20 000 woorde daaroor te skryf. ‘n Mens sou kon sê dat sadisme die heersende ideologie in Suid-Afrika geword het.”

Roodt het die gedagte dat konserwatiewe blanke mans vir die geweld in die land verantwoordelik is, verwerp, onder meer deur aan te toon dat daar minder blanke oortreders in SA tronke verkeer as in Skandinawiese lande soos Denemarke en Noorweë, wat internasionaal as nie-gewelddadig gesien word.

“Ons sit met ‘n mediaprobleem,” meen Roodt. “Die hoofstroommedia, sowel Suid-Afrikaans as internasionaal, is besig om Suid-Afrikaanse blankes te demoniseer en hulle as groteske monsters voor te hou wat regstreeks of onregstreeks vir die afskuwekkende babaverkragtings, marteling van plaasboere en algemene wettteloosheid verantwoordelik is.”

Op Twitter het Roodt aan onderskeidelik die SA korrespondente van die New York Times en die Londense Guardian getwiet: “Weet u dat slegs 2700 blankes in SA tronke verkeer, minder as in Denemarke/Noorweë? Tog demoniseer u ons as gewelddadige monsters?”

Roodt, wat enkele dae gelede Alan Wieder se biografie oor die SA kommunistiese helde Joe Slovo en Ruth First op praag.co.za geresenseer het, meen dat sowel die marxisme as voorvadergelowe ‘n rol speel by die irrasionalisme wat in Suid-Afrika posgevat het. “Kousale logika word toenemend op die agtergrond geskuif,” meen Roodt. “Kommunisme werk met ‘n ‘diefstal’-logika wat deur die negentiende-eeuse sosialistiese slagspreuk, ‘besit is diefstal’, opgesom word. Dit is logies verwant aan die opvatting in tradisionele swart gemeenskappe dat ongelykheid deur toordery veroorsaak word; vandaar dan ook die rituele moorde en heksemoorde wat plaasvind. Die irrasionele openbare diskoers, asook letterlike en figuurlike heksejagte wat voortdurend gevoer word – bowenal deur joernaliste en akademici – bevorder die sadisme en geweld wat woed.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.