‘Al Kaida het versplinter’

Deel op

barryPresident Barack Obama het aan die Verenigde Nasies gesê ”die wêreld is ‘n meer stabiele plek as vyf jaar gelede, maar die aanval in Kenia wys hoe ernstig die gevaar van terreur steeds is.”

Obama sê al-Kaida het in streeksnetwerke versplinter en hou ‘n “ernstige bedreiging in vir regerings, diplomate, sakeondernemings en burgerlikes regoor die wêreld.”

Die Afrika-Unie is steeds daartoe verbind om aan te hou veg teen al-Shabab militante in Somalië na die aanval op ‘n winkelsentrum in Kenia wat nou reeds vir ‘n vierde agtereenvolgende dag woed.  Die AU-mag van sowat 17 000 soldate veg al sedert 2007 teen die militante.

Al-Shabab het bande met al-Kaida en het aanspreeklikheid aanvaar vir die aanval op die Westgate-winkelsentrum. Twee-en-sestig mense is dood en sowat 200 is beseer in die aanval.

Al-Shabab het Kenia gewaarsku om sy soldate uit Somalië te onttrek. – Sapa/AFP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.