E-tol: appèl vandag in Bloemfontein gehoor

Deel op

appelhofWayne Duvenage, voorsitter van Outa, die Bondgenootskap teen Stedelike Tol, sê hulle appèl teen die Noord-Gautengse Hooggeregshof se beslissing rakende die e-tolstelsel in Gauteng word vandag aangehoor.

Dit sal een van die laaste pogings wees om die ongewilde e-tolstelsel in die howe te kelder in die appèlhof in Bloemfontein.

Duvenhage wat die laaste paar jaar die stryd lei, glo hul saak is steeds sterk.  Hy sê die vorige beslissing was foutief en daarom is besluit om dit verder in die Appèlhof te voer.

Regter Louis Vorster het verlede Desember beslis dat die regering die publiek genoegsaam oor die projek ingelig het.

Outa meer as R11,4 miljoen ingesamel om vir hul regskoste te betaal. Die finale beslissing kan, volgens Duvenhage, binne weke wees.

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa), staan saam met die Suid-Afrikaanse vereniging vir motorverhuring en bruikhuur (Savrala), die KwadPara-vereniging van Suid-Afrika (Qasa), die Nasionale Verbruikersunie en die Verbruikerskommissie.

Hulle voer aan dat daar ander metodes is wat die regering kan gebruik om geld vir die onderhoud van paaie in te samel en dat e-tol irrasioneel, duur en ononuitvoerbaar is.

Sanral het gister gesê daar is net oor die 600 000 e-skyfies verkoop.

Voordat die stelsel ingestel kan word, moet pres. Jacob Zuma eers die Wysingswetsontwerp op Vervoerwette en Verwante Sake, die sogenaamde e-tolwet, onderteken.

Pres. Zuma die wetsontwerp onlangs teruggestuur het weens ongrondwetlike kwessies, maar die presidensie hou vol dat Zuma steeds die wet oorweeg.

Nie een staatsdepartement kon tot dusver sê wanneer e-tol in werking sal tree nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.