Dodetal in Keniaanse aanval kan verder styg

Deel op
Slagoffers van die aanval in die parkeerterrein doodgeskiet
Slagoffers van die aanval in die parkeerterrein doodgeskiet

Buitelandse forensiese spanne help in Kenia met die uitkenning van die liggame van slagoffers van die naweek se aanval deur Al-Shabaab militante in die Westgate winkelsentrum in Nairobi.

Die dodetal kan vermoedelik verder styg met sowat 51 mense van wie daar nog nie rekenskap gegee kan word nie. Dit volg nadat drie vloere van die winkelsentrum ingetuimel het.

Die dodetal staan tans op 61 burgerlikes en ses soldate. Dit is Woensdag deur president Uhuru Kenyatta bevestig.

Volgens Kenyatta is 62 mense ook steeds in die hospitaal. Hy het vroeër drie dae van rou afgekondig.

Intussen beweer al-Shabaab dat van sy aanvallers steeds in die winkelsentrum is. Dit kon egter nog nie bevestig word nie en dit is ook onduidelik of hulle moontlik van die slagoffers in die puin is. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.