Om stropers dood te skiet ‘skep probleme’

Deel op
horny
Nog nie gereed om die bygeloof te laat vaar nie

Suid-Afrika se stryd teen renosterstropery kan net gewen word met ‘n politieke oplossing waarby buurstate en Asiese lande betrek word.

Professor Moses Montesh van die department Polisiepraktyk aan Unisa het dié boodskap oorgedra aan afgevaardigdes by ‘n byeenkoms van die Internasionale Vereniging van Polisievroue in Durban.

Montesh het daarop gewys dat renosterstropery in Mosambiek net as ‘n misdryf bestempel word, terwyl Mosambiekse burgers van mening is dat Suid-Afrika ‘n “doodskiet”-beleid in die Krugerwildtuin volg waar ‘n groot deel van die renosterstropery plaasvind.

Montesh sê dié verskillende sienings skep probleme vir samewerking. Tot dusver vanjaar is 688 renosters reeds vir hulle horings van kant gemaak.

Verlede jaar se totaal was 668. Montesh sê Viëtnam is steeds die grootste verbruiker van gestroopte renosterhorings.

‘n Afvaardiging van Viëtnamese regeringsapmtenare het die Nasionale Krugerwildtuin verlede week besoek om eerstehands kennis te neem van die renosterslagting.

Montesh het aan die afgevaardigdes gesê die regering het hom verlede jaar tydens sy navorsing afgeraai om Viëtnam te besoek, aangesien betrekkinge tussen die lande toe gespanne was. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.