Dogter van Britse soldaat glo by Keniaanse aanval betrokke

Deel op
Lewthwaite
Samantha Lewthwaite

Die departement van Binnelandse Sake sê hulle is besig met ‘n deeglike ondersoek en sal met Keniaanse owerhede saamwerk om te bepaal of ‘n Suid-Afrikaanse paspoort wat verbind word met die aanval op ‘n winkelsentrum in Nairobi, vervals was of nie.

‘n Britse vrou wat die “’wit weduwee” genoem word, word ondersoek nadat ‘n Keniaanse minister gesê het sy was een van die  militante wat ministens 62 mense in ‘n winkelsentrum in Nairobi doodgeskiet het. Keniaanse owerhede het egter teenstrydige verklarings uitgereik oor haar beweerde betrokkenheid.

Die vrou, Samantha (Sam) Lewthwaite, gebruik blykbaar die Suid-Afrikaanse paspoort as een van verskeie aliasse waaronder sy reis. Sy is die dogter van ‘n Britse soldaat.

Die Suid-Afrikaanse paspoort, wat gister in verskeie Britse koerante gepubliseer is en waarvan daar op die internet verskeie foto’s is, is in die naam van Natalie Faye Webb. Die aantyging oor haar beweerde Suid-Afrikaanse paspoort is deur ‘n pro-Israeli-webwerf gemaak.

Haar dogter en twee seuns is saam met haar. Die kinders behoort tussen die ouderdomme sewe en 12 te wees.

 ‘n Woordvoerder van Binnelandse Sake, Ronnie Mamoepa sê  die regering is nog nie amptelik deur Keniaanse amptenare genader nie. – Sapa/AFP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.