Zuma kritiseer Veiligheidsraad as ‘ondemokraties’

Deel op

unsc2President Jacob Zuma het die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad as oud‘ en ‘ondemokraties‘ bestempel voor ‘n beraad van wêreldleiers in New York.

Die Business Day het Zuma aangehaal waar hy sê die huidige Veiligheidsraad is uitgedien.

Ontwikkelende lande het ‘n oproep vir die hervorming van die Veiligheidsraad gedoen. Sedert die Tweede Wêreldoorlog is vetoreg oor wesenlike besluite tot vyf permanente lede beperk, naamlik die Verenigde State van Amerika, Brittanje, Frankryk, Rusland en China.

Jy het ‘n situasie waar diegene wat oor vetoreg beskik meer oor oorlog as vrede praat,” het Zuma gesê aan Suid-Afrikaanse joernaliste by die aanvang van die byeenkoms van die VN se Algemene Vergadering hierdie week.

Jy het ‘n minderheid wat die laaste sê het en ongelukkig nie meer help nie. Dit is eintlik besig om deel van die probleem te word,” het hy gesê, en die Raad se optrede oor die konflikte in Irak en Libië oor die afgelope tien jaar afgekeur.

“As klein lande glo ons dat die reëling onregverdig is, dit is ondemokraties, dit is nie goed nie.” Sapa/AFP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.