Lidlande van die VN se kernagentskap het ‘n Arabiese-gesteunde resolusie teen die Joodse staat afgestem om sy geheime kernarsenaal vir inspeksie oop te stel.
Een-en-vyftig lande het teen resolusie gestem en 43 lande het daarvoor, in wat beskou word as ‘n oorwinning vir die Verenigde State van Amerika, wat gekant was teen die inisiatief.
Arabiese state, gefrustreerd oor die onbepaalde uitstel van ‘n internasionale konferensie verlede jaar oor die verbod op kernwapens in die streek, het by die jaarlikse lidstaatbyeenkoms van die VN se Internasionale Atoomenergie Agentskap (IAEA) dié plan voorgestel.
Indien goedgekeur, sou Israel verplig gewees het gewees om by die Kernsperverdrag aan te sluit en sy kernfasiliteite vir IAEA monitering oop te stel. Diplomate het ‘n naelskraapoorwinning met die stemmery verwag.
Die Verenigde State het gesê die skuif sal breër diplomatieke pogings om wapens van massavernietiging te bekamp in gevaar stel. Israel het gesê dit sal pogings om streeksveiligheidsamesprekings op dreef te kry, ondermyn.
Ten spyte van dié waarskuwings, het ambassadeur Ramzy Ezzeldin Ramzy, hoof van die Arabiese Liga-groep by die IAEA, vroeër gesê die ontwerp-resolusie moet voortgaan.
Moondhede het in 2010 tot ‘n Egiptiese plan ingestem wat bedoel is om die grondslag te lê vir ‘n Midde-Ooste sonder wapens van massavernietiging.
Die VSA, mede-borg van die destydse vergadering, het gesê dat dit nie sal nie meer plaasvind soos geskeduleer in Desember verlede jaar nie maar het nie tot ‘n nuwe datum ingestem nie.