Brand na gru-ongeluk op N12 eis nege

Deel op

flamesNege mense het doodgebrand toe twee motors in vlamme uitgebars het ná ‘n botsing op die N12 in die Noordwes, het die polisie gesê.

Kol. Sabata Mokgwabonehet gesê die ongeluk het tussen Christiana en Warrenton plaasgevind.

‘n Bakkie met vier insittendes was vanaf Christiana onderweg toe dit Saterdagoggend omstreeks 01:30 reg van voor teen ‘n minibus met vyf passasiers gebots het.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie,” het Mokgwabone gesê. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.