Merkel vir ‘n derde termyn verkies

Deel op

merkel3Kanselier Angela Merkel se konserwatiewe party het Duitsland se verkiesing gewen, net kort van ‘n volstrekte meerderheid.

Haar konserwatiewe blok het ongeveer 41,5 % van die stemme getrek, maar haar liberale vennote het nie die parlement gehaal nie.

Daar word vermoed sy is waarskynlik in ‘n koalisie met die Sosiale Demokrate ( SPD ), wat 26% ingepalm het, sal tree.

Die resultate het getoon dat die liberale Vrye Demokratiese Party ( FDP ) net 4,8% se stemme kon trek, ‘n ramp vir die junior koalisie-vennoot wat nou vir die eerste keer in Duitsland se post- oorlog geskiedenis, geen nasionale verteenwoordiging in die parlement sal hê nie.

Voorsitter van die party Philipp Roesler het dit as “die bitterste, hartseerste uur van die Vrye Demokratiese Party” beskryf.

Die FDP is verslaan deur die Groen Party ( 8,4 %) en die voormalige kommunistiese Linkse Party ( 8,6 %). Die nuwe Alternative fuer Deutschland ( AFD ), wat onttrekking uit die euro-geldeenheid voorstaan het 4,7% gekry, ook net kort van die parlementêre drumpel.

Merkel het gesê dit is te vroeg om te sê presies wat hulle gaan doen om ‘n koalisie te vorm.

Korrespondente sê dat die 59 -jarige kanselier die kompleksiteit van die vorming van ‘n regering vroeër benadruk het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.